Header Artwork
AfriForum se Kuruman-tak en -buurtwag help om brand by huis te blus      

Die AfriForum-tak in Kuruman se brandspan is op Sondag 6 Junie ontbied na die toneel van ’n brandende huis.

Danny Groenewald, lid van die brandspan, was om 05:45 die eerste persoon op die toneel. Die huis het reeds op daardie stadium erg gebrand en Groenewald het dadelik begin om die brand te blus.

Binne ’n halfuur het nog drie voertuie met brandbestrydingswaterkarre opgedaag en begin om die vuur te blus. ’n Rampbestuurvoertuig en munisipale trok met die res van die brandspan het later ook aangesluit om te help.

Die eienaar van die huis vertel dat een van sy honde hom en sy vrou in die vroeë oggendure kom wakker maak het. Daar was toe reeds erge rook in die huis.

Die hele huis binne het erg gebrand en die meubels het ook heelwat brandskade. Ongelukkig het een van die egpaar se drie honde ook in die voorval doodgebrand.

“Ons wil net graag baie dankie sê vir die AfriForum-tak in Kuruman se brandspan vir hulle vinnige optrede en hulp met die blus van die brand by die grasdakhuis. Dit kon soveel erger gewees het as hulp nie opgedaag het nie,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak: SMS jou naam na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN