Header Artwork
AfriForum se Kraaifontein-tak verleen hulp tydens brande in Kaapstad

Die AfriForum-tak in Kraaifontein het op 19 April 2021 hulp verleen aan verskeie rolspelers wat betrokke is by die bestryding van die verwoestende brande aan die hange van Duiwelspiek en Tafelberg. Brandweerspanne werk die afgelope twee dae onverpoosd om die brande te bestry om te verseker dat skade beperk word. Verskeie eiendomme en historiese geboue is reeds deur die brande verwoes.

Die tak het 120 bottels water, 36 bottels energiedrankies en 60 energiestafies aan die plaaslike brandweer geskenk om hulp aan die plaaslike brandbestryders te verleen.

“Ons is dankbaar vir die gemeenskap se vinnige reaksie wat verhoed het dat die brand nog groter skade aanrig. Die gemeenskap was ruimhartig met skenkings van water, energiedrankies en oogdruppels aan al die rolspelers. Ons is werklik dankbaar daarvoor,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Die takbestuur versoek die gemeenskap om vandag nog by dié tak betrokke te raak: SMS “Kraaifontein” na 45265 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN