Header Artwork
AfriForum se Koster-tak dien strafregtelike klagte in teen munisipale bestuurder

Die AfriForum-tak in Koster het op 10 Desember 2020 ’n strafregtelike klag teen Joseph Mogale, die munisipale bestuurder van die Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit, by die Koster-polisiekantoor ingedien. Dit volg nadat AfriForum opgemerk het dat rou riool vanaf ’n rioolaanleg in die Koster-dam gepomp word. Dié besoedeling is die gevolg van ’n nuwe rioolaanleg, wat aan die buitewyke van die dorp gebou is, wat nie doeltreffend funksioneer nie en dus die oppervlak in die gebied met rou riool besoedel.

“Nadat ons bewus geword het van die probleem, het ons twee skrywes aan die munisipale bestuurder gerig, sodat hy kennis neem van die probleem en ’n geleentheid kry om dit op te los. Geen reaksie van die munisipaliteit het tot gevolg gehad dat die kwessie onder die aandag van die Noordwes Departement van Openbare Werke en Paaie sowel as die Departement van Water en Sanitasie gebring is. Geen sukses is egter daarmee bereik nie. Daarom het ons geen ander uitweg as om hierdie strafregtelike klagte weens sy nalatigheid teen die munisipale bestuurder in te dien nie,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

AfriForum wil graag ’n groter verskil in die gemeenskap maak en moedig inwoners aan om betrokke te raak. Word deel van die oplossing: SMS “Koster” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN