Header Artwork
AfriForum se Kimberley-tak vergader dringend met Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit oor watergehalte

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op Woensdag, 2 Junie, dringend met lede van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit vergader nadat die burgerregteorganisasie verskeie buurte se water laat toets het.

Lambert de Klerk, AfriForum se hoof van omgewingsake, sê die organisasie het verskeie klagtes van inwoners ontvang oor die gehalte van die water. Die eerste watermonsters is op 16 Februarie 2021 geneem en opvolgmonsters is op 17 Mei 2021 en weer op 25 Mei 2021 geneem. Die uitslae van die toetse het getoon dat die water besmet is.

AfriForum het hierna ’n dringende vergadering met die munisipaliteit versoek. Morné Mostert, AfriForum se hoof van plaaslikeregeringsake, sê dié vergadering het plaasgevind ná ’n reeks vorige vergaderings. Boyce Daluwayo, waarnemende bestuurder van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit, Phetole Sithole, waarnemende direkteur van infrastruktuur, en Sabelo Mkhize, waterdienstebestuurder, het die vergadering met AfriForum bygewoon.

“Die vergadering het op watergehalte gefokus, maar ons kon ook die goeie verhouding wat ons tydens die vorige vergaderings met die munisipaliteit gevestig het, versterk,” sê Mostert.

AfriForum probeer altyd om eers saam met munisipaliteite te werk om te kyk hoe hulle kan help om probleme op te los voordat die organisasie ’n hof nader. Tydens die vergadering het die munisipaliteit antwoorde verskaf oor waarom daar sekere probleme binne die stelsel was. AfriForum se aanbod om ’n formele verhouding met die munisipaliteit te sluit om waterdienste te moniteer is verwelkom.

Mostert sê wat wel kommerwekkend van Kimberley se situasie is, is die E.coli.-vlakke in die water. Die vlakke moet ’n nul-telling toon.

“Ek dink ons almal glo Kimberley kan weer die stad wees wat dit was, anders sou ons nie so vir die stad baklei het nie. Ons almal gee om,” sê Ian Smith, voorsitter van AfriForum se Kimberley-tak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN