Header Artwork
AfriForum se Kimberley-tak veg om waterkrisis op te los

Die AfriForum-tak in Kimberley het onlangs in samewerking met die plaaslike gemeenskap ’n gemeenskapsgroep gestig om die ernstige waterprobleme in die stad die hoof te bied. Uit die groep is die “AfriForum Red Kimberley”-projek in Maart vanjaar gebore wat reeds verskeie stappe gedoen het om die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit tot verantwoording te roep.

“Water is ’n basiese reg, en om te weet dat nie net hospitale nie, maar ook ouetehuise en skole lang tydperke sonder water moet klaarkom, is vir ons ’n groot bekommernis. Basiese higiëne, veral in die lig van die huidige COVID-19-pandemie, is van uiterste belang om toe te sien dat die virus nie teen ’n hoë tempo versprei nie,” sê Ian Smith, voorsitter van AfriForum se Kimberley-tak.

“Skole ervaar reeds uitdagings om te verseker dat leerders voldoende onderrig in dié tyd ontvang. Om onderrig verder te onderbreek as gevolg van ’n watertekort, is kommerwekkend,” sê Smith.

Die Kimberley-tak het reeds die volgende stappe gedoen in ’n poging om die waterprobleem in die stad die hoof te bied:

  • Op 28 April 2021 het die tak saam met ’n ingenieursfirma van Bloemfontein die Riverton-pompstasie besoek om ’n oorsigassessering te doen.
  • Op 3 Mei 2021 het die tak ’n brief aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit gestuur om ’n vergadering te reël om die bevinding van die verslag te bespreek. Die munisipaliteit is twee keer per brief genooi om die besoek mee te maak, maar geen terugvoer is ontvang nie.
  • Op 30 Maart 2021 het AfriForum ’n vergadering met die bestuur van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit gehou waartydens die waterprobleme bespreek is. Tydens die vergadering is ’n petisie in verband met wateronderbrekings en watergehalte oorhandig.

Om die volgende stap te voltooi, vra die AfriForum-tak in Kimberley die gemeenskap se hulp. AfriForum-lede en ander inwoners van Kimberley sal rekordhoudingsbriewe ontvang waarop rekord gehou kan word van waterdruk. Deur dié vorm in te vul, gee inwoners aan AfriForum die mandaat om namens hulle op te tree rakende die waterkrisis in Kimberley. Met voldoende inligting sal inwoners dié burgerregteorganisasie in staat stel om verdere stappe te doen.

Rekordhoudingsbriewe is beskikbaar by Ian Smith Makelaars se kantore of per e-pos by lize-mari.smit@antiek.afriforum.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN