Header Artwork
AfriForum se Keimoes-tak maak die hoofstraat en waterwiel skoon   

Die AfriForum-tak in Keimoes het op 10 Junie die hoofstraat en die waterwiel, wat ’n nasionale monument is, skoongemaak en beveilig.

Lede van die gemeenskap het gekla oor die toestand van die dorp en die munisipaliteit se onwilligheid om die dorp netjies te hou.

“Elke inwoner van Keimoes het die reg tot ’n skoon en veilige dorp. Ons wil graag ’n verskil maak aangesien die munisipaliteit nie bereid is om dit te doen nie,” sê Meisie Pool, leier van die Grootoog-buurtwag in Keimoes – dié buurtwag is ook deel van die AfriForum-tak in Keimoes.

Daar is 12 bakkie vragte vol gesnyde gras en boomtakke weggery en 35 sakke vullis opgetel en na die vullisterrein geneem.

Volgens Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari, is dit baie belangrik om mense betrokke te kry by hierdie inisiatief sodat die #VegEnBou-strategie volstoom vooruit kan gaan.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak: SMS jou naam na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN