Header Artwork


Die AfriForum-tak in Kathu het ’n aansoek in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet no. 2 van 2000) (PAIA) gebring om te bepaal of die bestuurder van die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit aan die nodige kwalifikasies voldoen.

“Ons wil die proses volg om seker te maak dat hy oor die nodige kwalifikasies beskik. Kathu en Olifantshoek gaan die laaste tyd swaar onder swak dienslewering gebuk, en veral onder waterprobleme. Ons moet seker maak dat ons gemeenskap se belange op die hart gedra word,” sê Johan Snyman, voorsitter van AfriForum se Kathu-tak.
“Swak kommunikasie aan die gemeenskap en ’n tekort aan terugvoer was ook deel van die probleem. Dit is kommerwekkend dat die munisipaliteit nie oor die gemeenskap omgee nie,” sê Gonda Louw, distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Gee aan AfriForum se Kathu-tak die mandaat om die munisipaliteit aan te vat: SMS “Springbok” na 32532 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN