Header Artwork
AfriForum se Jeffreysbaai-tak ontvang 28 ton aartappels om honger te help verlig

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Jeffreysbaai-tak het op 27 April 2020 ’n aartappelskenking van 28 ton van die Vaalharts-besproeiingskema naby Christiana ontvang. Dié skenking gaan gebruik word om voedselnood weens die huidige COVID-19-pandemie in dié gebied te help verlig.

Dries du Preez, voorsitter van dié tak, het die skenking bekom en takfondse is bewillig om vir die vervoer daarvan te betaal. Die aartappels is in ’n stoor afgelaai, waarna dit verpak en na organisasies soos Bay Pasta Co., Let’s feed Jaybay, die munisipale voedingsprogram en kerkgroepe versprei sal word.

“Dit is ’n voorreg om die Jeffreysbaai/Kouga-gemeenskap op hierdie wyse te kan ondersteun. Toe hierdie geleentheid oor ons pad kom, was dit God se manier om hierdie tak as sy instrument te gebruik vir die verligting van die ontsettende nood in ons omgewing. Ons moedig graag mense aan om deurlopend aan die geveg teen die COVID-19-pandemie deel te neem. Saam sal ons sterker aan die ander kant uitkom,” sê Du Preez.

“Dit is ’n riem onder die hart om te sien hoe ons takke inspring en ’n verskil in hul gemeenskappe maak. Die Jeffreysbaai-tak maak ons in besonder trots. Hulle het die pandemie gebruik om na ander organisasies uit te reik en in die proses bande gebou en versterk. Ons wil ook baie dankie sê vir dié ruimhartige skenking – julle elkeen maak ’n reuseverskil,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

Raak vandag nog by AfriForum se Jeffreysbaai-tak betrokke: SMS “Jeffreysbaai” na 45342 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN