Header Artwork
AfriForum se Groter Moot-tak hou skoonmaakaksie saam met Friends of Colbyn Ridge en Stad Tshwane

AfriForum se Groter Moot-tak het op Saterdag 5 Junie 2021 ’n spruitskoonmaakaksie, in samewerking met Friends of Colbyn Ridge en Stad Tshwane, in Manningstraat aangepak. Hierdie aksie vorm deel van ’n reeks projekte wat daarop gemik is om probleme in die gemeenskap self op te los.

“Die gebied rondom die spruit was werklik erg bebos en baie onveilig. Ons is trots om deel te wees van só ’n selfdoengemeenskap wat nie net praat nie, maar eerder doen,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Pretoria-Noord.

“Baie dankie aan almal wat die skoonmaakaksie moontlik gemaak het. Hierdie is die tweede keer dat ons ’n aksie soos hierdie saam met Friends of Colbyn Ridge aanpak en die gemeenskap het ook betrokke geraak en gehelp,” voeg Steinberg by. “Ek wil die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak by die aksies wat AfriForum in die omgewing aanpak.”

Sluit gerus aan met ’n maandelikse vrywillige bydrae deur ’n kort verifikasie op die gratis Telegram-toepassing by https://t.me/AfriForumBuurtBot te doen of SMS “Groter Moot” na 45340 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN