Header Artwork
AfriForum se Geelhoutboom-plaaswag ontvang opleiding in toneelhantering

AfriForum se Geelhoutboom-plaaswag buite George het op 5 Desember 2019 opleiding in toneelhantering ondergang en nuwe toerusting ontvang om hulle toe te rus om die uitdagings die hoof te bied wat hulle daagliks in dié landelike gebied ervaar.

David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die Suid-Kaap, het ná die oorhandiging van die nuwe toerusting opleiding in toneelhantering vir lede van die plaaswag aangebied. “Opleiding is een van die groot voordele wat AfriForum aan sy plaas- en buurtwagte bied  – dit is belangrik om professioneel tydens noodgevalle op te tree en misdaad te ontmoedig.”

 

“Die Geelhoutboom-plaaswag wil die gemeenskap in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies in tye van nood bystaan. Ek is baie opgewonde oor die pad vorentoe en nooi die gemeenskap uit om by ons in te skakel. Ons kan die geveg teen misdaad nie langer op die skouers van die polisie alleen laat rus nie – ons moet self betrokke raak,” sê PW Steinberg, voorsitter van AfriForum se Geelhoutboom-plaaswag.

Raak vandag by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Buurtwag” na 45265 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN