Header Artwork
AfriForum se Dullstroom-buurtwag knap polisiestasie op   

Die AfriForum-buurtwag in Dullstroom het op 17 November ’n opknappingsaksie by die plaaslike polisiestasie gehou.

Gedurende hierdie aksie is die tuin langs die ingang skoongemaak en blomme is geplant. Daar is ook twee bome geplant en ’n sonkraglig is by die ingang geïnstalleer sodat die trappe ook saans helder belig kan wees.

“Ons is dankbaar vir die geleentheid om hierdie aksie te kon aanpak. Dit is belangrik dat mense veilig voel in Dullstroom en selfs meer by ons polisiekantoor,” sê Gerhard Delport, buurtwagleier van AfriForum se Dullstroom-buurtwag.

Verder word daar beplan om die steenmure aan weerskante van die ingang te herstel en om nog spreiligte te installeer sodat daar meer lig is wanneer mense die polisiestasie in die nag besoek. ’n Nuwe naamplaat is ook reeds vir die polisiekantoor bestel.

Indien iemand wil aansluit by die buurtwag of bystand wil bied met hierdie projek, skakel Gerhard Delport by 083 622 4961.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN