Header Artwork
AfriForum se Dullstroom-buurtwag hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwag in Dullstroom het op 5 Februarie 2021 ’n massapatrollie gehou om misdaad te bekamp en om samewerking met sowel plaaslike polisielede as die sekuriteitsmaatskappye in die omgewing te verbeter.

Elf buurtwaglede en sewe voertuie het 91 km afgelê. ’n Staande patrollie is ook langs die hoofstraat gedoen. Daar is tydens die patrollies opgemerk dat verskeie huise en voertuie onveilig is. Huise se deure of hekke het oopgestaan en voertuie en motorfietse was op plekke geparkeer waar misdadigers maklik toegang daartoe kan verkry.

“Ons werk is nie net om die dorp te beveilig nie, maar ons gebruik hierdie patrollies om mense bewus te maak van misdaadbedrywighede en ook wat hulle kan doen om dit te voorkom,” sê Gerhard Delport, leier van AfriForum se Dullstroom-buurtwag.

Raak deel van AfriForum se Dullstroom-buurtwag: SMS “Dullstroom” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN