Header Artwork
AfriForum se Coligny-tak vul slaggate op

Die AfriForum-tak in Coligny het op 26 en 27 Maart 2021 vier ton teer gebruik om slaggate by die dorp se ingang en in Voortrekkerstraat, die dorp se hoofstraat, op te vul. Hierdie projek vorm deel van die organisasie se #OnsDorp-projek en het die tak ongeveer R15 000 gekos.

“Die toestand en netheid van ons dorp is vir ons van kardinale belang, daarom het ons begin om die ingang na die dorp en die hoofstraat te verbeter, wat in ’n onaanvaarbare toestand was. Die tak wil graag voortgaan om die dorp te verbeter sodat die gemeenskap weer trots daarop kan wees. Ons wil ook graag die gemeenskap bedank vir elke bydrae wat die werk wat reeds gedoen is, moontlik gemaak het,” sê ds. Tewie Pieters, ondervoorsitter van AfriForum se Coligny-tak.

“Die paaie in Coligny is in ’n patetiese toestand omdat die munisipaliteit versuim om die nodige instandhoudingswerk te doen. Die opvul van slaggate is daarom vir ons ’n groot prioriteit en ons wil lede van die gemeenskap aanmoedig om die tak te kontak en betrokke te raak by die projekte,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Raak vandag nog deel van AfriForum se Coligny-tak: SMS “Coligny” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN