Header Artwork
AfriForum se Coligny-tak maak dorp skoon

Die AfriForum-tak in Coligny het op 23 Maart 2021 die hoofstraat van die dorp, Voortrekkerstraat, opgeruim en skoongemaak. Tydens die projek het die tak hoofsaaklik die gras op die sypaadjie en die middelman van die straat gesny, terwyl rommel ook opgetel is. Dit volg ná die munisipaliteit se totale versuim die afgelope tyd om die dorp skoon en netjies te hou wat daartoe gelei het dat die hoofstraat baie vuil en slordig geword het.

“Die munisipaliteit versuim om die dorp netjies te hou en om die paaie in stand te hou. Die lang gras op die sypaadjies en die slaggate is ’n geweldige veiligheidsrisiko vir motoriste in Coligny. Daar waar die munisipaliteit nie hul werk doen nie, sal AfriForum toetree om die gemeenskap te help en om die dorp so netjies as moontlik te hou,” sê ds. Tewie Pieters, ondervoorsitter van AfriForum se Coligny-tak.

“Die projek is daarop gefokus om volhoubaar te wees en die gemeenskap te help. Ons beplan om in die toekoms meer van hierdie projekte aan te pak, maar ons benodig egter die hulp van sakeondernemings en gemeenskapslede om dit op ’n groter skaal deur te voer. Ons wil mense dus aanmoedig om betrokke te raak om van hierdie projekte ’n sukses te maak,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Coligny-tak deur vir Frans Gerber te skakel by 083 287 6487.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN