Header Artwork
AfriForum se Christiana-tak skenk vleis

Die AfriForum-tak in Christiana het op 31 Julie 2020 in samewerking met die familieboerorganisasie Saai 250 kg vleis aan die Heil-Lof Life Centre en die tak se voedselskema geskenk.

Die Christiana-tak het reeds aan die begin van die inperking begin met behoeftebeplanning toe mense begin het om hul werk en inkomste te verloor. Altesaam 32 gesinne in die dorp word gereeld met voedselpakkies ondersteun.

“Baie klein ondernemings op die platteland het permanent gesluit. Baie mense het hul werk verloor en moet van voor af begin om ’n inkomste te genereer. AfriForum se Christiana-tak doen van die begin van die inperking wonderlike werk in die gemeenskap en sal voortgaan om inwoners in nood te help,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

“Ek wil AfriForum en Saai vir die skenking bedank. Julle word opreg waardeer,” sê pastoor Wanda van der Wath van die Heil-Lof Life Centre.

Kontak die Christiana-tak by 072 419 1022 indien jy skenkings wil maak of sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak. SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN