Header Artwork
AfriForum se Christiana-tak oes hul eerste groente

Die AfriForum-tak in Christiana het tydens die laaste week van Januarie 2021 en die eerste paar dae van Februarie 2021 hul eerste groente geoes as deel van die tak se groentetuinprojek.

Gedurende die inperking in 2020 het talle gesinne hul inkomste en werk verloor. Dit het tot gevolg gehad dat mense sonder kos gelaat is. AfriForum se plaaslike tak op Christiana het toe al ingespring en saam met ander instansies voedselpakkies versprei en ook meer as 300 kg se wildsvleis verpak en aan behoeftiges versprei.

Die tak het wel besef dat voedselsekerheid ’n probleem is en dat daar ’n meer volhoubare manier gevind moet word om hierdie gesinne te help. Daar is toe besluit om ’n proeflopie te doen met ’n groentetuin. Die tak het in samewerking met Laeveld Agrochem groente begin plant by die Heil-Lof-sentrum en in verskeie inwoners se groentetuine. Die pakkie saad wat deur Laeveld Agrochem geskenk is en ook deur hulle vervaardig word bevat sade, kunsmis en die nodige inligting om ’n groentetuin suksesvol aan te lê. Indien die pakkie reg geplant en aangelê word, lewer dit tot 250 kg se groente.

Die tak is baie dankbaar en glo dat die toetslopie gewys het dat hierdie ’n meer volhoubare manier gaan wees om voedsel te verseker gedurende moeilike tye en om gesinne wat minderbevoorreg is te ondersteun. Die tak het dit goedgedink om die groentetuin by die Heil-Lof-sentrum te ondersteun aangesien dié instansie wonderlike werk doen met betrekking tot minderbevoorregtes.

Die tak beplan om binnekort vir die tweede keer te plant om sodoende seker te maak dat daar vars groente in die wintermaande sal wees.

“AfriForum se Christiana-tak woeker omtrent. Hulle bestaan uit ’n groep vrywilligers wat passievol is oor hulle gemeenskap en inwoners. Die tak het oor en oor bewys dat hulle nie terugstaan vir enige uitdaging nie en altyd gereed is om oplossings te vind,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN