Header Artwork
AfriForum se Christiana-tak en -buurtwag skop skoonmaakprojek af

Die AfriForum-tak in Christiana se jeugvleuel het op 17 Julie 2021 in samewerking met die organisasie se plaaslike buurtwag ’n skoonmaakprojek afgeskop waartydens leë erwe skoongemaak is deur onder meer die lang gras in dié erwe korter te brand.

Dié plattelandse dorp het – net soos talle ander dorpe in Noordwes – baie leë erwe. Die erwe word gereeld met rommel bestrooi en die gras word nooit gesny nie; laasgenoemde bied gevolglik ’n groot veiligheidsuitdaging vir die buurtwag. Nie net is die leë erwe dus ’n steen des aanstoots nie, maar dit bied ook goeie wegkruipplek vir misdadigers.

Die tak en buurtwag het genoeg gehad en besluit om in te spring en die leë erwe in President- en Beststraat, asook op die hoek van Best- en Voortrekkerstraat skoon te maak.

Die skoonmaak van leë erwe is egter slegs een van verskeie projekte waarby die tak se jeugvleuel in die dorp betrokke is om ’n verskil in Christiana te maak. Jeuglede het ook al vanjaar watertoetse uitgevoer, die plaaslike groentetuin bewerk en verskeie goedvoelprojekte van stapel gestuur.

“Die jeug speel ’n beduidende rol in Christiana. Hulle raak betrokke by al die projekte en aksies en dit is baie inspirerend om te sien hoe jongmense eienaarskap van hul woonbuurte en dorp neem,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

“Ons wil graag alle jongmense in Christiana uitdaag om by die tak se jeugvleuel betrokke te raak. Ons vergader gereeld en die projekte en aksies wat ons aanpak is alles om ons dorp ’n beter plek te maak,” sê Alicia van der Westhuizen, jeugleier van AfriForum se Christiana-tak.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS jou naam na 45344 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN