Header Artwork
AfriForum se Centurion-tak woeker in November

AfriForum se tak in Centurion het in November verskeie projekte aangepak om die omgewing te verbeter en die gemeenskap te versterk.

Die tak het van kontrakteurs gebruik gemaak om verskeie slaggate in Centurion te herstel. Die paaie was onbegaanbaar en die tak het ingespring om die paaie weer veilig te maak vir almal. Die jeugvleuel van AfriForum se Centurion-tak het op 28 November die Thaba Tshwane Dogs- en Woodrock-diereskuiling besoek en verskeie donasies gemaak.

Die buurtwag het saam met ander rolspelers die R101-pad skoongemaak ná hewige storms takke in die pad laat val het. Die takke asook die oortollige water wat die pad gevaarlik gemaak het vir motoriste is verwyder. Die tak het ook ’n kontrakteur aangestel om Furman Park in Valhalla skoon te maak. Dit vorm deel van die tak se inisiatief om die parke in die omgewing te verbeter en dit weer familievriendelik te maak.

“AfriForum sal voortgaan om projekte aan te pak om die gemeenskap en omgewing vir almal te verbeter. Ons is dankbaar vir die tak en elke rolspeler wat help om Centurion ’n veiliger en beter plek vir almal te maak,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

“AfriForum glo in selfdoen en daarom pak ons projekte en aksies soos hierdie aan om eienaarskap te neem van ons omgewing. AfriForum sal aanhou om druk op die owerhede te plaas om probleme aan te spreek en sal, waar ons kan, self oplossings daarvoor soek,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Die tak het deur die jaar verskeie projekte suksesvol aangepak en beplan om in die nuwe jaar voort te gaan en groter sukses te behaal. Die gemeenskap word aangemoedig om by die tak aan te sluit en projekte saam aan te pak.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Centurion” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN