Header Artwork
AfriForum se Centurion-tak reik uit na diereskuiling

AfriForum se Centurion-tak het vandeesweek tesame met sy jeugvleuel ’n skenking aan die Woodrock-diereskuiling gemaak. Die tak het altesaam R4 000 se honde- en katkos aan dié instansie geskenk.

“Hierdie tipe instansies se onbaatsugtige werk is elke dag in ons gedagtes. Ons wil graag die instansie hartlik bedank vir hulle harde werk asook ons lede wat hierdie tipe projekte moontlik maak,” sê André de Bruyn, voorsitter van AfriForum se Centurion-tak.

“Hierdie instansies het baie swaargekry gedurende die inperking, daarom is dit vir ons belangrik om hulle te ondersteun en te help waar ons kan,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

Die tak het vanjaar alreeds verskeie projekte aangepak. Vanaf 21 Januarie is die tak besig om 12 gevaarlike kruisings langs die R101-pad te verbeter deur die gras, wat aansienlik hoog is, te sny om sodoende sigbaarheid vir motoriste te verbeter. Die tak wil graag die gemeenskap uitnooi om meer betrokke te raak. Besoek gerus die AfriForum-tak in Centurion se Facebook-blad en sluit aan by die Telegram-groepe.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Centurion” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN