Header Artwork
AfriForum se Brits-tak open GOS en lei protospan op 

Die AfriForum-tak in Brits het onlangs hulle buurtwag se Gemeenskaplike Operasionele Sentrum (GOS) geopen en vier van hulle buurtwaglede vir protospanopleiding in Orania gestuur.  

Dié sentrum word gebruik om veiligheidsoperasies te beplan en uit te voer, terwyl die buurtwag se kommunikasie ook van daar af gekoördineer word. Die buurtwagte verbeter voortdurend hulle kennis en vaardighede, daarom is dit belangrik dat buurtwaglede die nodige opleiding ontvang. Vier buurtwaglede is gestuur vir opleiding waar teoretiese en praktiese aspekte behandel is om te verseker dat die lede die nodige kennis en vaardigheid het om hulle gemeenskappe binne die raamwerk van die wet te beskerm.  

“Die AfriForum-buurtwag in Brits is een van ons sterkste buurtwagte en hulle behaal byna weekliks suksesse. Hulle het reeds merkwaardige vordering gemaak om misdaad te bekamp en om die area as geheel veiliger te maak. Die nuwe sentrum en pas opgeleide protospanlede sal die buurtwag in staat stel om ’n veel groter impak op die gemeenskap te maak. Ons sien baie uit om te sien watter suksesse in die toekoms deur die buurtwag behaal gaan word,” sê Gerhard Faber, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir Noordwes. 

“Ons is baie dankbaar vir lede van die gemeenskap wat bereid is om hulle werk vir ’n week te los om hierdie opleiding te ontvang. Om deel te wees van die buurtwag en protospan is werklik ’n opoffering wat gemaak word om ’n gemeenskap veiliger te maak vir almal,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico. 

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Brits-tak: SMS “Brits” na 45344 (R1). 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN