Header Artwork
AfriForum se Boshof-tak samel geld in vir dokter om kinders te help

Die AfriForum-tak in Boshof het onlangs meer as R5 000 vir dr. André Hattingh se “On Track-Tor for Charity”-veldtog ingesamel. Hattingh het op 7 Mei deur dié dorp beweeg as deel van sy 2 500 km lange toer op ’n trekker deur Suid-Afrika om geld in te samel vir kinders wat nie toegang tot behoorlike mediese sorg het nie. Die tak het in samewerking met Da Capo-gastehuis, Rita Wessels en die gemeenskap die geld ingesamel.

“Die doel van hierdie toer is om fondse in te samel vir mediese behandeling en operasies vir kinders in nood,” sê Hattingh. Die toer behels dat Hattingh 2 500 km deur Suid-Afrika op ’n trekker ry om bewustheid te skep en om R250 000 in te samel vir kinders wat ’n behoefte aan mediese sorg en operasies het.

Johan Steenkamp, voorsitter van AfriForum se Boshof-tak, sê die tak het hul ondersteuning gewys deur die gemeenskap te mobiliseer om Hattingh op sy trekker te verwelkom en te help met die insameling van fondse. “Ons ondersteun graag hierdie liefdadigheidsprojek van dr. Hattingh en wil graag ander gemeenskappe uitnooi om dié projek te ondersteun. As ’n gemeenskapsorganisasie wil ons ook verseker dat kinders toegang het tot goeie mediese sorg,” sê Steenkamp.

Gemeenskappe wat wil betrokke raak en skenkings maak aan Hattingh se projek kan hom skakel by 074 356 6941 of 076 229 5663.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN