Header Artwork
AfriForum se Bloemfontein-takke sluit #VegEnBou-projek af

Die AfriForum-takke in Bloemfontein het sedert 1 Mei 2021 aan die #VegEnBou-projek gewerk in Pellissier, Uitsig, Fichardtpark, Hospitaalpark, Langenhovenpark, Rayton-Heuwelsig, Wilgehof, Gardeniapark en Bloemfontein-Noord deur verskeie projekte in dié stad te voltooi.

Bloemfontein se AfriForum-takke het hul #VegEnBou-maand afgesluit met die volgende projekte:

  • AfriForum se Fichardtpark-tak se kontrakteurs het die parkie in Strydom- en Jan Enslinstraat behoorlik skoongemaak. Dit het verseker dat daar nie wegkruipplek vir kwaaddoeners is nie.
  • AfriForum Jeug het die parkie in Fallopiusstraat in Hospitaalpark skoongemaak. Dit verseker dat kinders in die woonbuurt veilig op die klimrame kan speel.
  • AfriForum se Hospitaalpark-tak se kontrakteurs het sypaadjies skoongemaak en rommel verwyder in Pasteurrylaan.
  • AfriForum se Bloemfontein-Noord-tak het eilande en sypaadjies in Normandierylaan skoongemaak. Sypaadjies en ’n verkeersirkel op die hoek van Normandierylaan en Gladstoneweg is geverf.
  • AfriForum se Uitsig-tak het ’n skoonmaakprojek in samewerking met ’n AfriForum-kontrakteur en Anchor of Hope voltooi in Generaal Brandstraat. Die tak is ook besig om slaggate in Uitsig op te vul.

“AfriForum se #VegEnBou-projek in Bloemfontein was ’n reusesukses. Dit is wonderlik om te sien dat lede uit hul pad gaan om hul woonbuurte weer skoon en netjies te kry. Ek moedig die publiek aan om in te skakel by hul plaaslike AfriForum-takke se omgewingsake en buurtwagte. Elke bietjie hulp word waardeer en as elke lid die omgewing selfs voor hul huise netjies kan hou, maak dit ’n beduidende impak op die netheid van ons stad,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Rosestad.

AfriForum moedig die gemeenskap aan om by hul vullisverwyderingsdiens aan te sluit. Bloemfontein se AfriForum-takke lewer reeds sedert September 2020 ’n volhoubare vullisverwyderingsdiens aan inwoners van dié stad wat by die diens aangesluit het omdat die metro nie gereeld vullis verwyder nie.

Registreer hier vir AfriForum se vullisverwyderingsdiens of SMS “AfriForum” na 45266 (R1) om by AfriForum se Bloemfontein-takke aan te sluit.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN