Die AfriForum-tak in Bethal het op Vrydag 11 Desember ’n park in Bethal skoongemaak in samewerking met die inwoners van die omgewing.
Die park in Van der Stellaan se gras is gesny deur inwoners van die omgewing en AfriForum het gehelp deur die randstene skoon te sny en ook die gras wat teen die randstene in die pad ingroei, te verwyder.
Verder het AfriForum ook energiedrankies aan die Silwerjare-tehuis geskenk. Hierdie skenking is deur ’n anonieme persoon aan AfriForum gegee. Daar is 216 van die 500 ml Lucozade-bottels aan die tehuis verskaf.
Die tehuis gaan ook gebuk onder ’n watertekort weens die Govan Mbeki Munisipaliteit se onvermoë om Rand Water te betaal. Die tak het ingespring en koop weekliks 250 L drinkwater aan vir die tehuis.
Sluit aan by AfriForum se Bethal-tak en maak ’n verskil in jou gemeenskap: SMS “Bethal” na 45350 (R1).