Header Artwork
AfriForum ruim Ouhoutbossie-monument in Dullstroom op

Die AfriForum-tak in Dullstroom het op 20 Januarie 2021 die Ouhoutbossie-monument skoongemaak.

Lede van die Dullstroom-gemeenskap en die AfriForum-tak het die area rondom die monument opgeruim en die gras korter gesny. Al die onkruid op die monument is ook uitgetrek en daar is gif rondom die monument gespuit om te verhoed dat nog onkruid daar groei.

Die Slag van Ouhoutbossie het op 19 Desember 1901 plaasgevind nadat die kommando van Generaal Christiaan Muller die Engelse berede eenheid in die nag aangeval het. Die boerekommando het die aanval vanuit drie rigtings geloods en nege boere het tydens die slag omgekom.

“Hierdie projekte is belangrik omdat ons monumente se toestande daagliks verswak, min tot geen onderhoud plaasvind nie en ons erfenis verlore gaan,” sê Gerhard Delport, verteenwoordiger vir AfriForum in Dullstroom.

AfriForum gaan ook in Maart vanjaar met insette van die Erfenisstigting ’n monumentoudit doen wat ten doel het om die toestand van Afrikaner-monumente te bepaal en projekte te reël om hierdie monumente skoon te maak en te herstel.

Raak by jou naaste AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN