Header Artwork
AfriForum plaas druk op munisipaliteit om vullisterreine in Ekurhuleni te heropen

AfriForum plaas tans druk op die Ekurhuleni Munisipaliteit om dringend die Rietfonteinvullisterrein in Springs en die Rooikraalvullisterrein in Boksburg, wat sedert Januarie 2021 gesluit is, te heropen.

AfriForum het reeds in April hul regsfirma, Hurter & Spies Ing. opdrag gegee om ’n aanmaningsbrief aan die munisipaliteit te stuur oor dié kwessie. In die aanmaning is die munisipaliteit versoek om antwoorde en ’n aksieplan te verskaf rakende die sluiting van hierdie vullisterreine en wanneer die probleem opgelos gaan word. Die munisipaliteit het op 7 Mei 2021 gereageer in ’n brief waarin daar verduidelik word dat die munisipaliteit uitdagings ervaar het om ’n nuwe diensverskaffer aan te stel. Dit is omdat die vorige diensverskaffer se kontraktermyn geëindig het. Hierdie tenderproses is tans in die adverteringsfase en die munisipaliteit beoog om  nuwe diensverskaffers teen die einde van Junie 2021 aan te stel.

Die sluit van die vullisterreine het ’n groot impak gehad op die agterstand van vullisverwydering in die onderskeie gebiede en die kleiner oorlaaistasies soos Daggafontein in Springs wat so oorvol is dat die vullis aan die buitekant van die terrein gestort is.

Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand, sê dié burgerregteorganisasie sal voortgaan om die situasie fyn dop te hou totdat die vullisterreine weer ten volle werksaam is.

“AfriForum verwelkom die antwoord en aksieplan vanaf die munisipaliteit, maar die vordering van die proses om ’n nuwe diensverskaffer aan te stel sal gemoniteer word om te verseker dat inwoners weer so gou moontlik die dienste ontvang waarvoor hulle betaal,” sê Ungerer.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap deur by jou plaaslike AfriForum-tak aan te sluit: SMS jou naam na 45342 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN