Header Artwork
AfriForum ondersteun Witrivier-paartjie om strafregtelike klagte in te dien

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n paartjie van die Witrivier-distrik gehelp om ’n strafregtelike klagte in te dien nadat hulle op 28 Maart 2021 oënskynlik deur lede van ’n sekuriteitsmaatskappy geïntimideer, aangerand en met vuurwapens gedreig is. Dié voorval het in die teenwoordigheid van polisielede by die Witrivier-polisiestasie plaasgevind. Die polisielede het aanvanklik geweier om dié klagte aanhangig te maak.

’n Video wat beeldmateriaal bevat van hoe die paartjie in die polisiestasie aangerand word,  is intussen wyd op sosiale media versprei.

AfriForum sal die paartjie ook help om ’n klagte by PSiRA (Private Security Industry Regulatory Authority) teen die beweerde sekuriteitsbeamptes in te dien. AfriForum se privaatvervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel sal ondersoek instel na die polisie se versuim om op te tree terwyl misdrywe voor hulle plaasvind.

“Indien hierdie booswigte wat die paartjie so getraumatiseer het wel sekuriteitsbeamptes is, druis hulle optrede teen die hele wese van die PSiRA-gedragskode in. Hulle gedrag is eenvoudig onaanvaarbaar. Wat AfriForum verder met afgryse vul, is dat hierdie optrede in ’n polisiestasie plaasgevind het ten aanskoue van polisiebeamptes wat veronderstel is om landsburgers te beskerm. Ons kan dit nie net daar laat nie,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir Gemeenskapsveiligheid.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN