Header Artwork
AfriForum ondersteun grondeienaar om betredingsklag by SAPD aanhangig te maak

AfriForum het op 8 Desember vir Hans Jeurisen, ’n grondeienaar van Hartbeespoort, ondersteun om ’n betredingsklag by die Hartbeespoortdam-polisiestasie aanhangig te maak.

Dit spruit uit ’n voorval op 10 November 2020 toe Jeurisen opgemerk het dat onwettige strukture op sy grond De Rust in Hartbeespoort opgerig word. Jeurisen het die SAPD in kennis gestel, maar dié het nooit hul opwagting gemaak nie. Jeurisen het verdere ondersoek gaan instel, waarna hy deur twee mans gedreig en geïntimideer is. Jeurisen – wat in daardie stadium vir sy eie veiligheid gevrees het – het na die Hartbeespoortdam-SAPD gery om ’n klag van betreding te lê. Hy is egter meegedeel dat dit glo ’n siviele aangeleentheid is. Hy het voortgegaan en ’n ontmoeting op 11 November gereël met lt. kol. Brand, die stasiebevelvoerder, waarna Brand ’n junior offisier daarmee getaak het om ’n dossier van betreding te open.

Volgens Jeurisen het die SAPD egter ’n saak van intimidasie geregistreer pleks van ’n saak van betreding. Jeurisen het later navraag gedoen en vasgestel dat die betredingsklag nooit geregistreer is nie. Hy het AfriForum gekontak, waarna ’n vergadering op 8 Desember met senior personeel van die Hartbeespoortdam-SAPD gehou is. ’n Klag van betreding is uiteindelik ná afloop van dié vergadering geregistreer.

“Dit is baie belangrik dat die stem van die gemeenskap gehoor word. Dit skep ’n gevoel dat hulle ’n regmatige plek in die gemeenskap het,” sê Gerhard Faber, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir Noordwes.

Jeurisen het AfriForum vir hul ondersteuning bedank, asook die Hartbeespoortdam-SAPD se senior offisiere, wat bereid is om die gemeenskap te dien en te beskerm.

SMS “Veilig” na 45353 (R1) om by een van AfriForum se veiligheidstrukture betrokke te raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN