Header Artwork
AfriForum moedig gemeenskap aan om grondgrype aan te meld

AfriForum het die afgelope tyd talle klagtes ontvang oor grondgrype wat toenemend op staatsgrond in die Tshwane-metro plaasvind. Dié burgerregteorganisasie doen ’n beroep op die gemeenskap om grondgrype op staatsgrond onmiddellik aan te meld by die Tshwane-metropolisie sodat meer druk op die metro geplaas word om die grondgrypers te verwyder.

AfriForum het op verskeie geleenthede klagtes by die Tshwane-metro ingedien om die grondgrype onder hulle aandag te bring. Volgens ’n mediaverklaring deur die metro word grondgrype geensins geduld nie, maar dit is duidelik dat daar nie opgetree word teen die oortreders nie. Daarom wil AfriForum van dié geleentheid gebruik maak om meer druk op die metro te plaas om te verseker dat grondgrype op staatsgrond nie verder plaasvind nie

“Hierdie tipe grondgrype is besig om ’n groot probleem te word. Dit veroorsaak dat die eiendomswaarde in die gebied afneem, misdaad toeneem en sakegeleenthede minder word. AfriForum doen ’n dringende beroep op die metro om hierteen op te tree en hul eie uitlatings in die betrokke mediaverklaring na te kom,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Suid-gebied.

“Die gemeenskap kan ’n belangrike rol daarin speel om te help om grondgrype op staatsgrond te stop. Dit is belangrik om grondgrype so gou as moontlik aan te meld by die Tshwane-metro en by die metropolisie. AfriForum sal voortgaan om as burgerregtewaghond op te tree en druk op die owerhede te plaas om te verseker dat hul hul grondwetlike pligte nakom,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord-gebied.

Voorbeelde van grondgrype op staatsgrond is Wolwespruit, Weslaan oorkant SuperSport-park en op die R21 naby Elephantweg.

AfriForum moedig inwoners in die Tshwane-metro aan om grondgrype op staatsgrond binne die Tshwane-metro-area te rapporteer deur die metropolisie se 24 uur-noodlyn te skakel by 012 358 7095/6. Alternatiewelik kan ’n e-pos gestuur word aan Landusecontraventions@tshwane.gov.za. Dring aan op ’n verwysingsnommer.

As dit klaar gerapporteer is by die metro, volg asseblief die volgende skakel of skandeer die QR-kode en vul die inligting en verwysingsnommer in. Hoe meer verwysingsnommers AfriForum kan gebruik, hoe meer druk kan toegepas word op die Tshwane-metro. Die skakel waar jou verwysingsnommer ingelees kan word: Aanmelding van grondgrype op staatsgrond – AfriForum

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN