Header Artwork
AfriForum maak Noord-Kaap se blou-en-groendruppeluitslae bekend

AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in Noord-Kaap se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.

“Ons kon vasstel dat die volgende areas: Douglas, Hartswater, Hopetown, Jan Kempdorp, Kakamas, Kathu, Kamieskroon, Keimoes, Kimberley, Kuruman, Orania, Postmasburg, Prieska, Springbok, Upington, Warrenton en Williston se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Bloudruppeluitslae

Dié uitslae dui daarop dat al die dorpe van Noord-Kaap se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Noord-Kaap
Buffelsrivier Nama Khoi PM Skoon
                   
Douglas Siyancuma PM Skoon Skoon Skoon
Hartswater Phokwane PM Skoon
Hopetown Thembelihle PM Skoon Skoon Skoon
Jan Kempdorp Phokwane PM Skoon
Kakamas Ka !Garib PM Skoon Skoon Skoon
Kathu Gamagara PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Kamieskroon Kamiesberg PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Keimoes Ka !Garib PM Skoon Skoon Skoon
Kimberley Sol Plaatje PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Kuruman Ga-Segonyana PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Nababeep Nama Khoi PM Skoon
Orania Orania Dorpsraad Skoon Skoon Skoon
Postmasburg Tsantsabane PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Prieska Siyathemba PM Skoon
Springbok Nama Khoi PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Upington //Khara Hais PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Vaalharts Phokwane PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Warrenton Magareng PM Skoon Skoon Skoon
Williston Karoo Hoogland PM Skoon Skoon

Groendruppeluitslae

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 13 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Noord-Kaap
Plek Munisipaliteit 2013 2014 2015 2016 2017 2018 2019 2020
Daniëlskuil Kgatelopele PM Skoon Skoon
Douglas Siyancuma PM >10 000
Hartswater Phokwane PM >10 000
Jan Kempdorp Phokwane PM >10 000
Kakamas Kai !Garib PM   >10 000
Kathu Gamagara PM 17 000 Skoon Skoon Skoon Skoon >10 000
Keimoes Kai !Garib PM >10 000
Kimberley Sol Plaatje PM 1 600 Verwerp 1 500 Skoon >1 000 >10 000
Kamieskroon Kamiesberg PM Skoon >10 000
Kuruman Ga-Segonyana PM Verwerp Skoon Skoon >1 000 Skoon >10 000
Nababeep Nama Khoi PM Skoon
Postmasburg Tsantsabane PM >10 000 >1 000 Skoon
Prieska Siyathemba PM >1 000
Springbok Nama Khoi PM 1 250 Skoon Skoon >1 500 >1 000 >1 000
Upington //Khara Hais PM Skoon >2 000 Skoon >10 000
Vaalharts Phokwane PM Skoon Skoon Skoon >1 000 Skoon >1 000
Williston Karoo Hoogland PM Skoon Skoon Skoon Skoon >10 000

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Douglas, Hartswater, Jan Kempdorp, Kakamas, Kathu, Keimoes, Kimberley, Kamieskroon, Kuruman, Prieska, Upington en Williston. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Smit.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Smit af.

As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van die Noord-Kaap om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 32532 (R1) en steun hierdie aksie.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN