Header Artwork
AfriForum maak Limpopo se blou-en-groendruppeluitslae bekend

AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in Limpopo se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.

“Ons kon vasstel dat die volgende areas: Ellisras, Groblersdal, Haenertsburg, Leeupoort, Marble Hall, Naboomspruit, Nylstroom, Phalaborwa, Potgietersrus, Pietersburg, Roedtan, Rooiberg, Thabazimbi, Tzaneen en  Warmbad se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Magdel Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Bloudruppeluitslae

Dié uitslae dui daarop dat al die dorpe van Limpopo se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Limpopo
Ellisras Lephalale PM Skoon 8 eenhede E. coli per 100 ml E. coli >2 kve;

fekale kolivormige bakterieë >2 kve

Skoon Skoon
Groblersdal Elias Motsoaledi PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Haenertsburg Groter Tzaneen PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Leeupoort Thabazimbi PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Louis Trichardt Makhado PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Marble Hall Sekhukhune DM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Naboomspruit Mookgophong

PM

Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Nylstroom Lim368 PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Phalaborwa Ba-Phalaborwa PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Potgietersrus Mokopane PM Skoon
Pietersburg Polokwane PM Skoon 4 eenhede E. coli per 100 ml Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Roedtan Mookgophong PM Skoon
Rooiberg Thabazimbi PM Skoon Skoon
Thabazimbi Thabazimbi PM Skoon Skoon
Tzaneen Groter Tzaneen PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Vaalwater Lim368 PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Warmbad Bela-Bela PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Ander
Letabakamp Nasionale Krugerwildtuin Skoon Skoon Skoon Skoon
Olifantskamp Nasionale Krugerwildtuin Skoon Skoon Skoon

Groendruppeluitslae

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 6 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Tabel 9: Groendruppeluitslae vir Limpopo (2013–2020)

Limpopo
Tak Munisipaliteit 2013 2014 2015 2016 2017 2018 2019 2020
Ellisras Lephalale PM Hoë fosfaattelling

>15 000

E. coli >100 000; fekale kolivormige bakterieë >100 000 >1 000 >1 000
Groblersdal Elias Motsoaledi PM >1 000 >1 000
Leeupoort Thabazimbi PM Skoon
Marble Hall Ephraim Mogale PM 17 000 Skoon Skoon >1 000
Naboomspruit Mookgophong PM 1 000 000 1 000 000 Skoon >2 500 E. coli >100 000; fekale kolivormige bakterieë >100 000 >1 000 >10 000
Nylstroom Modimolle PM >1 000 >1 000 E. coli >100 000 fekale kolivormige bakterieë >100 000 >1 000 >1 000
Phalaborwa Ba-Phalaborwa PM 110 000 1 300 Skoon 3 700 4 000 E. coli >100 000; fekale kolivormige bakterieë >100 000
Pietersburg Polokwane PM 110 000 Skoon E. coli >100 000; fekale kolivormige bakterieë >100 000 >1 000
Potgietersrus Mogalakwena PM 1 200 92 000 Skoon >10 000
Tzaneen Groter Tzaneen PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Warmbad Bela-Bela PM 1 000 000 Skoon Skoon Skoon

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Ellisras, Groblersdal, Marble Hall, Naboomspruit, Nylstroom en Potgietersrus. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Strauss.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Strauss af.

As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van Limpopo om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45340 (R1) en steun hierdie aksie.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN