AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in Limpopo se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.
Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.
“Ons kon vasstel dat die volgende areas: Ellisras, Groblersdal, Haenertsburg, Leeupoort, Marble Hall, Naboomspruit, Nylstroom, Phalaborwa, Potgietersrus, Pietersburg, Roedtan, Rooiberg, Thabazimbi, Tzaneen en Warmbad se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Magdel Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.
Bloudruppeluitslae
Dié uitslae dui daarop dat al die dorpe van Limpopo se drinkwater wat getoets is, skoon is.
Limpopo | |||||||||
Ellisras | Lephalale PM | – | – | – | Skoon | 8 eenhede E. coli per 100 ml | E. coli >2 kve;
fekale kolivormige bakterieë >2 kve |
Skoon | Skoon |
Groblersdal | Elias Motsoaledi PM | – | – | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Haenertsburg | Groter Tzaneen PM | – | – | – | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Leeupoort | Thabazimbi PM | – | – | Skoon | Skoon | – | – | Skoon | Skoon |
Louis Trichardt | Makhado PM | – | – | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | – |
Marble Hall | Sekhukhune DM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Naboomspruit | Mookgophong
PM |
Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Nylstroom | Lim368 PM | – | – | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Phalaborwa | Ba-Phalaborwa PM | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Potgietersrus | Mokopane PM | – | – | – | – | – | – | – | Skoon |
Pietersburg | Polokwane PM | Skoon | 4 eenhede E. coli per 100 ml | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Roedtan | Mookgophong PM | – | – | – | – | – | – | – | Skoon |
Rooiberg | Thabazimbi PM | – | – | – | – | – | – | Skoon | Skoon |
Thabazimbi | Thabazimbi PM | – | – | – | – | – | – | Skoon | Skoon |
Tzaneen | Groter Tzaneen PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Vaalwater | Lim368 PM | – | – | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | – |
Warmbad | Bela-Bela PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Ander | |||||||||
Letabakamp | Nasionale Krugerwildtuin | – | – | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | – |
Olifantskamp | Nasionale Krugerwildtuin | – | – | – | Skoon | Skoon | – | Skoon | – |
Groendruppeluitslae
Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 6 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.
Tabel 9: Groendruppeluitslae vir Limpopo (2013–2020)
Limpopo | |||||||||
Tak | Munisipaliteit | 2013 | 2014 | 2015 | 2016 | 2017 | 2018 | 2019 | 2020 |
Ellisras | Lephalale PM | – | – | – | – | Hoë fosfaattelling
>15 000 |
E. coli >100 000; fekale kolivormige bakterieë >100 000 | >1 000 | >1 000 |
Groblersdal | Elias Motsoaledi PM | – | – | – | >1 000 | – | – | – | >1 000 |
Leeupoort | Thabazimbi PM | – | – | Skoon | – | – | – | – | – |
Marble Hall | Ephraim Mogale PM | 17 000 | Skoon | Skoon | – | – | – | – | >1 000 |
Naboomspruit | Mookgophong PM | 1 000 000 | 1 000 000 | Skoon | – | >2 500 | E. coli >100 000; fekale kolivormige bakterieë >100 000 | >1 000 | >10 000 |
Nylstroom | Modimolle PM | – | – | – | >1 000 | >1 000 | E. coli >100 000 fekale kolivormige bakterieë >100 000 | >1 000 | >1 000 |
Phalaborwa | Ba-Phalaborwa PM | 110 000 | 1 300 | Skoon | 3 700 | 4 000 | E. coli >100 000; fekale kolivormige bakterieë >100 000 | – | – |
Pietersburg | Polokwane PM | – | 110 000 | Skoon | – | – | E. coli >100 000; fekale kolivormige bakterieë >100 000 | >1 000 | – |
Potgietersrus | Mogalakwena PM | 1 200 | 92 000 | Skoon | – | – | – | – | >10 000 |
Tzaneen | Groter Tzaneen PM | Skoon | – | Skoon | Skoon | – | Skoon | Skoon | Skoon |
Warmbad | Bela-Bela PM | 1 000 000 | – | Skoon | – | – | Skoon | Skoon | – |
Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Ellisras, Groblersdal, Marble Hall, Naboomspruit, Nylstroom en Potgietersrus. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Strauss.
“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Strauss af.
As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van Limpopo om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45340 (R1) en steun hierdie aksie.