Header Artwork
AfriForum maak KwaZulu-Natal se blou-en-groendruppelresultate bekend

AfriForum het onlangs verskeie dorpe in KwaZulu-Natal se water getoets om die gehalte van dorpe in dié streek se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word.

“Ons kon vasstel dat al die takke in KwaZulu-Natal se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte egter deurlopend toets. Inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se distrikskoördineerder vir KwaZulu-Natal.

Bloudruppelresultate
Dié resultate dui daarop dat al die dorpe van KwaZulu-Natal se drinkwater wat getoets is, skoon is.

KwaZulu-Natal
Plek Munisipaliteit 2017 2018 2019  
Hluhluwe The Big Five False Bay PM Skoon Skoon Skoon  
Ixopo Ubuhlebezwe PM Skoon  
Margate Hibiskuskus PM Skoon Skoon Skoon  
Newcastle Newcastle PM Skoon Skoon Skoon  
Paulpietersburg eDumbe PM Skoon Skoon Skoon  
Pongola uPongola PM Skoon Skoon Skoon  
Richardsbaai uMhlathuze PM Skoon Skoon  
Utrecht eMadlangeni PM Skoon Skoon Skoon  
Underberg Kwa Sani PM Skoon  
Vryheid Abaqulusi PM Skoon Skoon Skoon  

 

Groendruppelresultate
Volgens AfriForum se groendruppelresultate voldoen KwaZulu-Natal se rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is redelik aan die gestelde mikrobiologiese standaarde.

KwaZulu-Natal
Plek Munisipaliteit 2017 2018 2019  
Hluhluwe The Big Five False Bay PM Skoon  
Ixopo Ubuhlebezwe PM Skoon  
Margate Hibiskuskus PM >1 100 >1 000 E. coli >1 000  
Newcastle Newcastle PM >1 500 >1 000 E. coli >1 000  
Paulpietersburg eDumbe PM Skoon Skoon >1 000  
Pongola uPongola PM >4 200 Skoon >2 000  
Richardsbaai uMhlathuze PM Skoon >1 000  
Utrecht eMadlangeni PM Skoon Skoon  
Underberg Kwa Sani PM Skoon  
Vryheid Abaqulusi PM >2 000 >1 000 E. coli >5 000  

 

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik die aanleg in Harding.

“Strafregtelike klagtes is reeds ingedien,” sê Van Aswegen.

Gee aan AfriForum die mandaat om die gehalte van jou dorp se water voortdurend te moniteer: SMS “Skoon water” na 45267 (R1) om hierdie aksie te steun.

Lees die volledige verslag hier.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN