Header Artwork
AfriForum kry kostebevel teen Tshwane-metro oor onwettige tariefheffings

AfriForum het op 27 Januarie 2020 ’n kostebevel teen die Tshwane-metro in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria gekry oor die onwettige koopkragtariefheffings wat in 2019 geïmplementeer is. Dié kostebevel volg nadat AfriForum die hooggeregshof in 2019 genader het oor die elektrisiteittariefheffings wat die metro sonder die nodige goedkeuring van Nersa geïmplementeer het.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, is hierdie ’n sukses vir die organisasie, maar die stryd is nog nie verby nie. “AfriForum het die saak aangepak om die inwoners van Pretoria te beskerm teen die onwettige verhoging. Hoewel ons die kostebevel gekry het, is ons steeds nie gelukkig oor die feit dat koopkragverbruikers se geld nog nie terugbetaal is nie.”

Koopkragverbruikers het van Julie tot middel Augustus 2019 dié onwettige verhoogde tarief betaal. Ná volgehoue druk deur AfriForum en vergaderings met die metro is die tarief toe weer terugverander na ’n tarief wat deur Nersa goedgekeur is.

Die Tshwane-metro het tydens ’n bestuursvergadering aan AfriForum belowe hulle sal verbruikers terugbetaal wat deur die verhoging – wat nie deur Nersa goedgekeur is nie – geraak is. Dié terugbetaling moes al in November 2019 geskied het.

“Ons sal aanhou om druk op die metro en Nersa toe te pas totdat verbruikers vergoed word vir die onwettige verhoging wat hulle moes betaal.”

Nersa het AfriForum ook intussen in kennis gestel dat hulle die brief, wat op 16 Januarie 2020 aan hulle gestuur is, ontvang het en dat die saak tans met hul uitvoerende hoof bespreek word.

Raak vandag nog aktief by AfriForum betrokke en help ons om vir jou regte te veg: SMS “Pretoria” na 45341 (R1) en maak ’n positiewe verskil.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN