Header Artwork
AfriForum Jeug se Kimberley-tak skop af met kleurvolle pretloop

Die nuutgestigte AfriForum Jeug-tak in Kimberley het op 27 April 2021 ’n kleurvolle pretloop by die 8 Myl Restaurant & Venue aangebied.

Jonk én oud het die 5 km-roete aangepak en aan die einde van die pretloop het elke deelnemer ’n medalje ontvang.

“Dit was vir ons heerlik om ’n geleentheid aan te bied waar die mense van Kimberley aan ’n pretloop kon deelneem en terselfdertyd sommer met ons tak kennis maak. Hierdie was die eerste geleentheid van vele wat ons gaan aanbied en ons wil die gemeenskap nooi om by die AfriForum- en AfriForum Jeug-tak in Kimberley aan te sluit en deel te word van aksies soos hierdie,” sê Henko Visser, voorsitter van die AfriForum Jeug-tak in Kimberley.

“Geleenthede vir mense om as ’n gemeenskap bymekaar te kom en saam aan aktiwiteite deel te neem het oor die jare vervaag. Ons wil graag deur aktiwiteite soos hierdie aan mense die geleentheid bied om weer aktief deel van ’n gemeenskap te wees,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Die AfriForum Jeug-tak in Kimberley se volgende geleentheid is die sosiale rolballiga vir ondernemings. Die tak rig ’n uitnodiging aan alle ondernemings om in te skryf met spanne van vier persone elk. Rondomtaliewedstryde vind op 19 Mei, 26 Mei en 2 Junie plaas, terwyl die finaal vir 9 Junie geskeduleer is.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN