Header Artwork


Die jeugvleuel van AfriForum se Nelspruit-tak het op 23 Februarie 2019 ’n skoonmaakaksie geloods toe dié vleuel met die eerste van ’n reeks opgraderings by Pro Gratia-skool begin het. Die jeugvleuel beplan om op 9 Maart 2019 verdere werk by die skool te verrig.
Indien enigiemand betrokke wil raak, kan hulle gerus vir Hennie Bekker by hennie.bekker@antiek.afriforum.co.za ’n e-pos stuur.

“Ons het eers begin met die opknapping van verskeie stoepe by die skool. Verder het ons ook begin met die verbetering van die terrein. Dit was lekker om iets vir die skool te kon doen,” sê Arno du Preez, jeugbeampte van die AfriForum-tak in Nelspruit.

Raak vandag nog by dié tak se jeug betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos na bernard.pieters@antiek.afriforum.co.za of SMS “Nelspruit” na 32687 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN