“Een van die redes waarom ek as ’n buurtwaglid aangesluit het, is omdat AfriForum Gemeenskapsveiligheid vir jou ’n baie groot infrastruktuur, gevestigde netwerke, goeie toerusting en fantastiese opleidingsgeleenthede, soos dié kamp, kan bied,” sê Nelis van Rensburg, voorsitter van AfriForum se Hartebeespoort-buurtwag. Van Rensburg is een van sowat 23 AfriForum-buurtwaglede wat die afgelope naweek ‘n lugvleuelkamp, wat deur AfriForum Gemeenskapsveiligheid in Orania aangebied word, bygewoon het. Hierdie geleentheid is die eerste van sy soort en AfriForum hoop om meer kampe in die toekoms aan te bied.