Header Artwork
AfriForum gee regspan opdrag om teen Eskom op te tree

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy regspan opdrag gegee om teen Eskom op te tree omdat die kragreus beplan om die elektrisiteitstoevoer na die Brits-omgewing vanaf 3 Julie 2020 te sny. Dít volg nadat Eskom op AfriForum se skrywe gereageer het waarin die kragvoorsiener aanvoer dat hulle die reg voorbehou om elektrisiteit te sny. Eskom het ook in die skrywe erken die krisis kan toegeskryf word aan die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit se wanbestuur van fondse. Die munisipaliteit skuld Eskom ongeveer R138 miljoen.

Volgens AfriForum is dit onregverdig dat Eskom die Brits-gemeenskap straf terwyl die krisis duidelik veroorsaak is weens die onbekwame bestuur van die munisipaliteit.

“Dit is onregverdig om inwoners wat getrou hul elektrisiteitsrekening aan die munisipaliteit betaal het, te straf vir geld wat weens wanbesteding nie deur die munisipaliteit aan Eskom oorbetaal is nie. Die munisipaliteit bewys voortdurend dat hulle onbekwaam is om finansiële bronne te bestuur en om kritiese infrastruktuur te onderhou,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

AfriForum wil graag ’n groter verskil in die gemeenskap maak en moedig inwoners aan om betrokke te raak. Word deel van die oplossing: SMS “Brits” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN