AfriForum en Solidariteit het vandag strafregtelike klagtes teen Julius Malema, leier van die EFF, gelê ná die dreigemente wat hy teen polisielede gemaak het. Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, het by die indien van die klagtes gesê Malema se optrede getuig van iemand wat dink hy is verhewe bo die reg.