Header Artwork

Goeie verhoudinge tussen gemeenskappe maak vreedsame naasbestaan en ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms moontlik.

In dié gees het AfriForum, Saai, Agri All Africa, Boschveld Chickens en Pioneer onlangs hande met die Nogas Post-gemeenskap in Thaba’ Nchu gevat deur ‘n opwindende nuwe landbou-inisiatief van stapel te stuur wat op ‘n volhoubare manier die nood van hierdie gemeenskap gaan help verlig.

“Hierdie inisiatief bewys dat die oplossings vir die uitdagings wat ons gemeenskappe regoor die land ervaar, in ons eie hande is. Dit is ook ons as gemeenskapsleiers se plig om ons gemeenskappe op te hef deur goeie en etiese leierskapsbeginsels toe te pas,” sê Kgosatsana (Prinses) Gabo Moroka, ’n lid van die Barolong Boo Seleka-koningshuis en tradisionele leier van die Nogas Post-dorp. Sy het oor ’n tydperk van twee jaar saam met die mense van Nogas Post gewerk om die ingesteldheid van selfstandigheid by dié gemeenskap te vestig.

Volgens die prinses is dié landbou-inisiatief ook uiters spesiaal gegewe die geskiedenis tussen die Voortrekkers en haar gemeenskap. Alle Voortrekkergeselskappe, buiten een, het tydens die Groot Trek vreedsaam deur dié gemeenskap se grondgebied getrek. Sy sê dié gesamentlike inisiatief is dus ’n voortsetting van haar voorvaders se ingesteldheid dat samehorigheid tussen verskillende gemeenskappe belangrik is en dat alle mense in hul gebied welkom is.

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN