Header Artwork


Die Mamusa Plaaslike Munisipaliteit se wanbetaling aan Eskom het veroorsaak dat Migdol, wat onder dié munisipaliteit val, se kragtoevoer vandeesweek afgesny is. Ondernemings en inwoners van Migdol – wat hoofsaaklik boere insluit – is gevolglik sonder krag en selfoonsein gelaat.

Migdol se kragtoevoer is wel Donderdag 28 Maart 2019 herstel ná konstante druk deur Esmé Venter (ondervoorsitter van AfriForum se Schweizer-Reneke-tak), Nico Killian (Vryheidsfront Plus) en Coenraad Herbst (DA) op die munisipaliteit toegepas is om die agterstallige Eskom-rekeninge te vereffen.
Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland, sê hulle het begrip vir die posisie waarin dié wanbetaling Eskom as diensverskaffer plaas. Dit bly egter vir AfriForum onaanvaarbaar dat die munisipaliteit se wanbestuur hul lede in Migdol, wat hul rekeninge getrou betaal, benadeel.

“Migdol is ’n afgeleë, landelike gebied – dus is inwoners en omliggende boere se veiligheid afhanklik van goeie selfoonsein en dit is onbillik dat hulle daarvan ontneem word. Dit beklemtoon weer die feit dat mense by gemeenskapsorganisasies betrokke moet raak om druk op owerhede te plaas wat nie hul verantwoordelikhede nakom nie,” sê Pretorius.

SMS “Schweizer” na 45351 (R1) om by AfriForum aan te sluit.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN