Header Artwork


AfriForum se Kathu-buurtwag het op 28 Maart 2019 tesame met die polisie en JWC-sekuriteit ’n verdagte vasgetrek wat vermoedelik gesteelde goedere probeer verkoop het.

Die buurtwag se beheerkamer het omstreeks 20:30 ’n oproep oor die verdagte ontvang en vasgestel dat die betrokke goedere aan een van die buurtwaglede behoort. Die buurtwag is onmiddellik in kennis gestel en die verdagte is in minder as ’n uur in samewerking met die polisie en JWC-sekuriteit opgespoor en gearresteer. ’n Saak van diefstal is geopen.

“Die flinke optrede van die buurtwag, polisie en sekuriteitmaatskappy het tot hierdie sukses gelei. Ons wil die gemeenskap graag aanmoedig om uit te kyk vir verdagte optrede en om dit by die polisie en buurtwag aan te meld,” sê Johan Snyman, AfriForum se takvoorsitter in Kathu.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 32532 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN