Header Artwork
AfriForum en Evolve Life bied leierskapontwikkelingsprojek by LS Helderkruin aan   

Die burgerregteorganisasie AfriForum het in samewerking met Evolve Life se Manie Botha op 12 Februarie 2021 besoek by die Laerskool Helderkruin in Roodepoort afgelê om ’n leierskapontwikkelingsprojek aan te bied.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en hoop in skole te skep. Elke kind in ons land verdien dit om die nodige leiding te kry om hul leierseienskappe te ontwikkel, want ons kinders is per slot van rekening die leiers van môre,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir Juniorjeugleierskapontwikkeling.

“Ons land se jongmense staar uitdagende tye in die gesig. Om die regte leierskapgereedskap in ’n kind se leierskapmondering in te bou is nie net ’n noodsaaklikheid nie, maar ook ’n diepe verantwoordelikheid van elke instansie en organisasie. Iemand wat in die jeug inbou en belê glo in die toekoms. Die leierskapontwikkelingswerkswinkel is deel van die slypproses van ons land se kosbare diamant-kinders. Van passie ontdek tot kommunikasie is elke oomblik vol genot en leer. Dankie aan die Laerskool Helderkruin en AfriForum wat glo in die inbou en opbou van ons jeug,” sê Manie Botha, spreker en lewensafrigter van Evolve Life.

“Leierskap is ’n keuse, dus word ’n leier nie altyd gebore nie, maar kan ook gevorm word. By die Laerskool Helderkruin word alle graad 7-leerders as leier verkies en in verskillende taakrade verdeel, sodat elke leerder die kans kan kry om hulle leierseienskappe te ontwikkel. Die verskillende taakrade is soos volg: Sportraad, boelieraad, kultuurraad, sosiale raad, gemeenskapsraad (wat baie betrokke in die gemeenskap is) en vele meer,” meen Elaine Steyn, onderwyseres en voog van die boelieraad by die Laerskool Helderkruin.

Stuur ’n e-pos na leandie.brasler@antiek.afriforum.co.za of nicolene.muller@antiek.afriforum.co.za indien jou kind se skool by AfriForum en Evolve Life se leierskapontwikkelingsprojek betrokke wil raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN