Header Artwork
AfriForum eis antwoorde nadat boer gedwing word om van sy plaas af na ’n ander een te skuif

AfriForum het vandag ’n brief aan die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling gestuur oor ’n boer wat gedwing is om van sy plaas af te skuif na ’n ander plaas toe. Daar word berig dat die departement mnr. Ivan Cloete aangesê het om van staatsgrond in die Swartland Munisipaliteit te verskuif – sy derde verskuiwing deur die staat sedert 2013. Daar is berig dat mnr. Cloete van sy plaas af geskuif word om plek te maak vir ’n MK-veteraan.

AfriForum se versoeke in die brief is soos volg:

  1. toegang tot die rekord van die besluit rakende mnr. Cloete se verskuiwing en/of terminasie van sy verhuring;
  2. bevestiging van die geskrewe besluit rakende bogenoemde, indien enige;
  3. wanneer en deur wie die besluit geneem is om mnr. Cloete te hervestig;
  4. watter staatsbeleid of -beleide in ag geneem is toe bogenoemde besluit geneem is;
  5. bevestiging of daar enige formele analise gedoen is oor die produktiwiteit van mnr. Cloete se plaas; en
  6. alle openbare uitsprake wat deur departementele woordvoerders en/of ander werknemers gemaak is rakende die verskuiwing en/of terminasie van mnr. Cloete se huurkontrak.

“Die roekelose ongetemdheid waarmee die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling boere hervestig is skokkend. Die department se missie moet wees om ’n volhoubare en produktiewe landbou-omgewing te skep wat sal voortgaan om werksgeleenthede en ’n inkomste vir miljoene mense te skep. Dié missie word ’n klug wanneer daar eerder gepoog word om lede van die elite, wat die regte politieke band het, te dien en te verryk,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud van AfriForum.

AfriForum hoop om binnekort terugvoer te kry van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN