Header Artwork
AfriForum dien kommentaar in oor konsepregulasies vir Internetsensorskapwet

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag kommentaar ingedien oor die voorgestelde Wysigingswet op Films en Publikasies van 2020, ook bekend as die Internetsensorskapwet. Stella Ndabeni-Abrahams, minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, het op 3 Julie 2020 die nuwe voorgestelde gewysigde Film- en Publikasieregulasies in die Staatskoerant gepubliseer vir openbare kommentaar. AfriForum se kommentaar bevat voorlopige uitsprake oor vaaghede in die konsepregulasies, sowel as kommentaar oor die grondwetlikheid van die konsepregulasies.

AfriForum glo die wysigings is nie genoegsaam om misbruik van die inhoud van die wet te verhoed nie.

“As die wysigingswet saam met die konsepregulasies gelees word, maak dit die Film- en Publikasieraad (FPR) die arbiter oor wat as beskermde spraak beskou kan word en wat nie. Die FPR is ’n regeringsliggaam wat aan die Minister van Kommunikasie rapporteer. Dit beteken dat hierdie konsepregulasies, as dit saam met die wysigingswet gelees word, aan die regering baie meer seggenskap sal gee oor die vrye vloei van spraak en inligting. Dit is ’n gevaarlike vooruitsig wanneer ’n mens die gevalle in ag neem (nou en in die verlede) waar die regering wetgewing gerig op spraakvryheid probeer misbruik het om hul eie agenda te bevorder en hul houvas op mag te probeer versterk,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

“Soos wat dit tans daar uitsien, is die voorgestelde wysigings vaag, onafdwingbaar, onprakties en oop vir misbruik in die sin dat dit die weg baan vir die regering om spraak te beheer en die vloei van inligting te misbruik. Die voorgestelde wysigings is ook onkonstitusioneel,” sluit van Zyl af.

Lees die kommentaar hier.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN