Header Artwork
AfriForum-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie

AfriForum se veiligheidstrukture in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap het op 12 en 13 Maart 2021 aan dié organisasie se nasionale patrollie deelgeneem. Meer as 1 000 AfriForum-lede het aan die patrollie deelgeneem en hulle is deur nagenoeg 270 ander lede, wat verskeie lede van die SAPD insluit, ondersteun. Ongeveer 900 voertuie het 16 200 km afgelê en 32 voorvalle is hanteer.

Lede van die SAPD, sekuriteitsmaatskappye en ander buurtwagte het direk betrokke geraak wat tot die suksesse bygedra het. Hierdie aktiwiteite het die volgende ingesluit: wye en hoë sigbaarheidspatrollies, die ry van konvooi deur dorpe, padblokkades in samewerking met die SAPD, die verwydering van verdagte persone uit woongebiede en die konfiskering van ’n verskeidenheid onwettige, tuisgemaakte wapens.

Die effektiewe en doelgerigte samewerking van lede wat nie AfriForum-buurtwaglede is nie, is vir die buurtwagte baie belangrik. Die nasionale patrollie, wat elke kwartaal plaasvind, se doel is om juis hierdie samewerking tussen AfriForum, die SAPD, sekuriteitsmaatskappye en ander buurtwagte aan te moedig.

“Veiligheid is in almal se belang en daarom is dit belangrik dat ons almal saamwerk om verhoogte vlakke van veiligheid te bewerkstellig in ons gemeenskappe. Die regering het nie die vermoë of die wil om dit te doen nie en dit noodsaak gemeenskappe om self eienaarskap van hul veiligheid te neem,” sê Mark Kuys, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke en help om misdaad te bekamp. SMS jou naam na 45353 (R1) of kontak jou naaste AfriForum-tak of -buurtwag.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN