Header Artwork
AfriForum-buurtwag in Potchefstroom met merietetoekenning vereer

Die AfriForum-buurtwag in Potchefstroom is vandeesweek vereer met ’n toekenning as een van die uitnemendste buurtwagte in die sentraalstreek. AfriForum se sentraalstreek bestaan uit KwaZulu-Natal, die Vrystaat en Noordwes. Die toekenning is aan enkele buurtwagte uit die streek gegee wat uitnemende diens aan hul gemeenskap lewer.

“Ons is baie trots op hierdie buurtwag wat werklik ’n groot verskil in die gemeenskap van Potchefstroom maak en wil hulle bedank vir hulle onbaatsugtige diens. Die lede offer baie op om hulle gemeenskap veilig te hou,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek.

Jan de la Hunt, buurtwagleier van AfriForum se Potchefstroom-buurtwag, bedank elke buurtwaglid vir die onbaatsugtige diens aan die gemeenskap. “Kom sluit gerus aan by ons buurtwag-familie en maak ’n verskil aan misdaad in jou woonbuurt. Die tyd het aangebreek om as gemeenskap, hande te vat en saam te werk aan ’n veiliger toekoms vir almal.”

As jy wil deel word van die buurtwag, SMS “Potchefstroom” na 45351.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN