Header Artwork


AfriForum se Ellaton-buurtwag in Klerksdorp het op 20 Junie 2019 ’n bewusmakingspatrollie gehou om sigbaarheid in dié deel van die dorp te bevorder en misdaad só te bekamp.

Verskeie patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem. Goeie samewerking is tussen die buurtwag en ander veiligheidsinstansies gehandhaaf, onder meer die SAPD, Action Force Security, CSS Security en ER24-nooddienste.
Die Ellaton-buurtwag het onlangs ook nuwe toerusting ontvang, wat glimbaadjies, flitsligte en magneetborde insluit. Dié toerusting bevorder patrollielede se sigbaarheid snags en is met ondersteuning van AfriForum se Klerksdorp-tak aangekoop.

“AfriForum bedank elke instelling wat aan hierdie aksie deelgeneem het. Goeie samewerking is noodsaaklik om misdaad in Ellaton suksesvol te bekamp,” sê Stephen Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier. “AfriForum doen ’n beroep op Klerksdorp se inwoners om by die buurtwag betrokke te raak en hul eie veiligheid te prioritiseer. Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing.”

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN