Rommel hoop oral op sypaadjies, by private wonings en voor sakeondernemings in Bloemfontein op weens die Mangaung Munisipaliteit se versuim om vullisverwyderingsdienste te lewer. Gevolglik word broeiplek vir rotte en ander peste geskep en word dreineringstelsel ook geblokkeer. Daarom het AfriForum besluit om gemeenskappe te help om hul huishoudelike vullis op ’n gereelde basis te verwyder deur ’n privaat vullisverwyderingsinisiatief te begin. Pryse beloop R163 per huishouding per maand vir AfriForum-lede en slegs R179 vir nie-lede.