Header Artwork

 

Die AfriForum-tak in Witbank het die afgelope week met behulp van ’n plaaslike kontrakteur 20 stoptekens in verskeie strate van dié dorp opgerig.
Die tak het ten doel om paaie wat nie voldoende deur die Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit onderhou word nie, vir padgebruikers veiliger te maak.

“Die veiligheid van die gemeenskap is vir AfriForum se Witbank-tak ’n topprioriteit en ons moedig alle inwoners aan om deel van dié tak te vorm,” sê Rudiger Herbst, projekkoördineerder by AfriForum se Witbank-tak.
“AfriForum sal deurlopend soortgelyke projekte in Witbank aanpak om inwoners se veiligheid en welstand te bevorder,” voeg Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, by.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1 per SMS). Kontak Rudiger Herbst by 082 795 5664 vir meer inligting.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN