Header Artwork
AfriForum beveg beoogde wysigings aan vuurwapenwetgewing   

AfriForum sal die konsepwysigingswet rondom die besit van vuurwapens beveg. Dit volg na die beoogde wysigings op die bestaande vuurwapenwetgewing oor die afgelope naweek vir kommentaar oopgestel is.

Die voorgestelde wysigings is irrasioneel en roekeloos veral aangesien dié konsep die vermoë van burgers ontneem om ’n vuurwapen vir selfverdedigingsdoeleindes te besit. Verder blyk dit ook dat sportskuts en jagters aan die kortste ent gaan trek met die voorgestelde wysigings.

AfriForum sal ook binnekort ’n veldtog bekendstel om hierdie drakoniese wysigings aan die vuurwapenwetgewing te beveg.

Volgens AfriForum moet burgers oor die vermoë beskik om hulself en hulle gesinne, binne die raamwerk van die wet, teen misdadigers te beskerm. Hierdie konsep, in sy huidige formaat, sal tot gevolg hê dat burgers weerloos gelaat word in ’n land waar die Suid-Afrikaanse Polisiediens reeds ruiterlik erken het dat hulle nie oor die vermoë beskik om die burgers van die land teen ’n misdaadvlaag te kan verskans nie.

“AfriForum sal hierdie aanval op gemeenskappe se weerbaarheid stopsit. Die konsepwysigingswet sal met hand en tand beveg word en sal AfriForum se kernprioriteit wees,” het Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder van die gemeenskapveiligheidsafdeling gesê.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN